
"Dit het alles in 1961 begin toe die geldstelsel van ponde na rande
verander het, en my oortrokke bankrekening verdubbel het. Ek was net besig
om daaraan gewoond te raak, toe bring hulle kilogramme in die plek van
ponde en onse, en my oes verminder met die helfte. Toe verander
hulle die reënval van duime na millimeter, en ons het sedert daardie tyd
nog nie weer 'n duim reen gehad nie. Wat doen hulle toe? Bring 'n
ding genaamd Celsius en die temperatuur daal met twintig grade. Geen wonder
my mielies wil nie groei nie. Asof dit nie genoeg was nie, verander hulle
grond, van morge na hektaar, en my plaas se grootte verminder met die
helfte van wat ek oorspronklik geërf het. Dit is toe dat ek besluit om die
plaas te verkoop. En glo my. Ek het pas my plaas in die mark gesit, toe
verander hulle myle na kilometer. Nou is my plaas so &^%#*& vêr uit die
dorp, dat niemand daarin belang stel nie!"
Koos van der Merwe