Persverklaring

SA NASIONALE KUNSAAS KAMPIOENSKAPPE: VAALRIVIER


Die 27ste Nasionale Kunsaashengelkampioenskappe het vanaf 29 Maart tot 2 April 2004 op die Vaalrivier Barrage plaasgevind. Alhoewel visse nie maklik uitgekom het nie was die kampioenskappe baie geslaagd. Die afgelope reëns het die water troebel gemaak wat sake vir kunsaashengel aansienlik moeiliker gemaak het. Nogtans is mooi vis gevang.


Altesaam 12 provinsiale spanne het deelgeneem.
Die algehele wenner van die kampioenskappe was Gauteng Noord en het met die Fuchs Lubricants trofee weggeloop. Die algehele wenner is bepaal op sterkte van hoe al die provinsie wie se spanne gemiddeld in al die afdelings die beste gevaar het.


Die louere van die A Afdeling het ook na Gauteng Noord gegaan wat met meer as 100 punte voor sy naaste teenstander was. Mpumalanga was tweede en Griekaws derde. Dit was ‘n besonderse prestasie vir ‘n klein provinsie soos Griekwas om spanne soos KwaZuluNatal uit te stof.


In die B Afdeling het Sentraal Gauteng koning gekraai met Noordwes tweede en Gauteng Noord Derde.


In Junior Afdeling was Natal eerste, Griekwas tweede en Gauteng derde.


Die Bestuurdersafdeling het behoort aan Boland met Gauteng Noord tweede en Noordwes derde.

Nasionale klere is aan die volgende hengelaars toegeken:
Senior spanne:
Tersius Oosthuizen
F Claassen
Johan Steyl
Albert Olivier
Martin Schmidt
Bestuurders: Cassie Joubert, Russel Bowton en Neil Button.

Junior spanne:
L Jordaan
J Claassen
B Viljoen
R Freese
R Wahl
Z Jordaan
Bestuurders: A Jordaan
Skippers: F Claassen, B Wahl en T Harries

Verskeie Internasionale hengeltoernooie teen onder meer Malawi, Namibië en Swaziland vind gedurende die volgende jaar plaas.